Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact Glacier

  • +27 21 917 9002
    0860 452 364

Or email us

Media Centre
 

Belê in aftreespaarprodukte

Die bedrag wat jy in aftreespaarprodukte belê, kan van jou belasbare inkomste afgetrek word. Dit kan tot 27.5% van jou jaarlikse inkomste wees, tot 'n maksimum van R350 000 per belastingjaar vir al jou aftreespaarprodukte saam (UA's, pensioen- en voorsorgfondse ingesluit). Hierbenewens is die beleggingsopbrengste op jou UA-bydraes vrygestel van dividendbelasting, inkomstebelasting op rente en kapitaalwinsbelasting.

"Indien jy nog nie die jaarlikse bydraeperk bereik het nie, kan jy nog voor einde Februarie jou bydrae aanvul. Wanneer jy tot 'n UA bydra, word 'n deel van jou belasbare inkomste uitgestel tot die tydperk na aftrede, wanneer jou inkomstebelastingkoers waarskynlik laer sal wees."

Gee jou belastingvrye spaargeld 'n hupstoot

Suid-Afrikaners word toegelaat om tot R33 000 per jaar in 'n BVSR te belê (tot 'n maksimum van R500 000 gedurende jou leeftyd). Jy belê 'n deel van jou nabelaste inkomste, maar die dividende, kapitaalwins en rente wat in jou rekening aangroei terwyl jy belê, word nie belas nie.

"Die fondse in jou BVSR is enige tyd vir jou beskikbaar en jy betaal nie belasting op onttrekkings nie. Indien jy egter 'n onttrekking aangaan, sal jy dit nie later weer in 'n BVSR kan belê sonder om jou jaarlikse en leeftydperke te affekteer nie. Jy kan dus die belastingvrye voordeel op toekomstige beleggingsopbrengste misloop," sê Wentzel.

Die produkkeuse

Wentzel sê UA's en BVSR'e voldoen aan verskillende doelwitte en moet in die lig hiervan oorweeg word.

"In die meeste gevalle bied UA's die beste belastingdoeltreffende beleggingsmedium om vir aftreespaarfondse te voorsien. Wat diskresionêre spaargeld vir die lang termyn betref, sou dit sinvol wees om die eerste R33 000 per jaar in 'n BVSR te belê."

Wentzel stel voor dat jy 'n geakkrediteerde finansiële beplanner raadpleeg om jou te help besluit op die produk wat die beste by jou individuele behoeftes en omstandighede pas.

Glacier Financial Solutions (PTY)LTD is a licensed financial services provider.
Copyright © Sanlam