Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact Glacier

  • +27 21 917 9002
    0860 452 364

Or email us

Media Centre
 

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​100 jaar van Welvaartmeesters™

1 Junie 2018

Dit het harde werk en die toewyding van baie mense oor baie generasies heen geverg om te kon vorder tot waar ons vandag is.

Ons maatskappy het gegroei en ontwikkel, maar ons het getrou gebly aan ons stigtingsdoel om mense in staat te stel om hul volle lewenspotensiaal te ontwikkel – vandag en ook vir die generasies van môre. Dit sou nie moontlik gewees het sonder u, ons lojale kliënte, nie. U is die ware bewys van ons langdurige bestaan en nalatenskap, en ons sê vir u dankie.

Die nalatenskap wat Sanlam oor die afgelope eeu opgebou het, het saam met die veranderings in Suid-Afrika gegroei en ontwikkel. Dis waarom ons die afgelope 100 jaar hard gewerk het om ’n finansiële toekoms, ’n blywende nalatenskap en ’n beter wêreld te skep wat ander kan erf. Ons 100ste verjaardag is ’n geleentheid om ons suksesse van die verlede te onthou en die prestasies te vier wat aan ons toekoms vorm gee. Ons moedig u aan om ons webwerf http://forgenerationstocome.co.za/ te besoek en van ons groot mylpale oor die afgelope 100 jaar te bekyk.

Dekades van innovasie, verandering en dienslewering aan u het gehelp om die Sanlam-handelsmerk uit te bou. Ons hoop om u op die allerbeste wyse te bedien, en ons streef om die maatskappy te wees op wie u steeds gedurende ons volgende eeu gaan staatmaak.

As Welvaartmeesters™ sal ons steeds onvermoeid werk om elke rand wat u aan ons toevertrou te laat groei, omdat elke poging om blywende waarde te skep, ons sterk in ons strewe om ’n leefwaardige wêreld te skep.

Glacier Financial Solutions (PTY)LTD is a licensed financial services provider.
Copyright © Sanlam