Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact Glacier

  • +27 21 917 9002
    0860 452 364

Or email us

Media Centre
 

​​​​​​​​​​​​​​​​​​Blue Ladder-skole: Shop for Good

1 Junie 2018

Gee leerders ’n beter toekoms, vir toekomstige geslagte

Die “Blue Ladder”-skoolprojek gaan regoor die land vennootskappe met skole, onderwysers en gemeenskappe aan om wiskunde-onderrig en voeding te verbeter, en kernfasiliteite op te gradeer. Ons weet dat die ontwikkeling van hierdie lewensbelangrike vaardighede in ons kinders ’n positiewe siklus aan die gang sal sit om te leer, te verdien en te spaar. As ’n kliënt van Sanlam het u nou die geleentheid om ’n bydrae tot hierdie projek te lewer, met “Shop for Good”.

Shop for Good

Sanlam het “Shop for Good” bekend gestel om beide ons werknemers en kliënte ’n geleentheid te gee om aan skole die noodsaaklike materiaal te help gee wat hulle nodig het om kinders te laat leer. ”Shop for Good” stel u in staat om tot noodsaaklike skoolmateriaal by te dra deur eenvoudig ’n katalogus met skoolvoorraad deur te blaai. Wanneer u uit ons katalogus koop, sal u nie die werklike items koop nie. Die geld wat u bestee, sal aan die Sanlam “Blue Ladder”-skoleprojek geskenk en aangewend word om wiskundevaardigheidsvlakke en voeding te verbeter, en belangrike fasiliteite op te gradeer waar dit die nodigste is.

Indien ons vandag in hul opvoeding belê, dink net hoeveel meer elke kind in Suid-Afrika kan bereik – vir hul eie toekoms, vir Suid-Afrika en vir toekomstige generasies.

Om by hierdie projek betrokke te raak en ons te help om ’n verskil te maak, besoek https://shopforgood.co.za

Glacier Financial Solutions (PTY)LTD is a licensed financial services provider.
Copyright © Sanlam