Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact Glacier

  • +27 21 917 9002
    0860 452 364

Or email us

Media Centre
 

Hoe uitstryking lede bevoordeel

  • Uitstryking beteken minder blootstelling aan korttermyn-markonbestendigheid.
  • Uitstryking verminder die risiko om op die verkeerde tyd in die mark te belê of daaruit te onttrek as gevolg van omstandighede buite ’n lid se beheer – byvoorbeeld by aftrede of aflegging.
  • Dit beskerm lede se kapitaal en is besonder geskik vir lede wat nader aan aftrede beweeg, of lede wie se werk kwesbaar is vir ekonomiese veranderinge, asook diegene met ’n konserwatiewe tot matige risikoprofiel.

Prestasie gedurende afswaaie

Kliënte met UA’s wat in die Sanlam Stabiele Bonusfonds belê is, het nog altyd gereelde bonusverklarings gekry wat ontwerp is om met verloop van tyd uitgestrykte opbrengste te lewer en beleggingsonbestendigheid te verminder, vergeleke met dié van ander suiwer markgekoppelde portefeuljes.

Sanlam se Stabiele Bonusfonds het gedurende die wêreldwye finansiële krisis in 2008 sy waarde bewys deur in negatiewe marktoestande steeds bonusse te verklaar, en aftreefondslede gemoedsrus te gee.

Glacier Financial Solutions (PTY)LTD is a licensed financial services provider.
Copyright © Sanlam